Anthony Gordon
Gordon in 2026 | |||
| Persoonlike inligting | |||
|---|---|---|---|
| Geboortedatum | 24 Februarie 2001[1] | ||
| Geboorteplek | Liverpool, Engeland | ||
| Lengte | 1,83 m[2] | ||
| Speelposisie | Vleuel | ||
| Klubinligting | |||
| Huidige klub | Barcelona | ||
| Jeugloopbaan | |||
| 2007–2012 | Liverpool | ||
| 2012–2017 | Everton | ||
| Seniorloopbaan* | |||
| Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
| 2017–2023 | Everton | 65 | (7) |
| 2021 | → Preston North End (leen) | 11 | (0) |
| 2023–2026 | Newcastle United | 111 | (24) |
| 2026– | Barcelona | 0 | (0) |
| Nasionale span‡ | |||
| 2018–2019 | Engeland o/18 | 10 | (0) |
| 2019 | Engeland o/19 | 7 | (2) |
| 2020 | Engeland o/20 | 1 | (0) |
| 2021–2023 | Engeland o/21 | 16 | (6) |
| 2024– | Engeland | 25 | (4) |
| * Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga. en korrek soos op 12 April 2026. † Kere uitgedraf (Doele). | |||
Anthony Michael Gordon (gebore 24 Februarie 2001) is 'n Engelse professionele sokkerspeler wat as vleuel vir die La Liga-klub Barcelona en die Engelse nasionale span speel.
Gordon het sy professionele loopbaan by Everton begin en sy senior debuut in Desember 2017 gemaak voordat hy hom in 2023 by Newcastle United aangesluit het. In 2026 het hy by FC Barcelona aangesluit.[3][4][5]
Ten spyte van sy Ierse en Skotse afkoms, het hy op 23 Maart sy debuut vir die senior Engelse nasionale span gemaak toe hy in Engeland se 1–0-nederlaag teen Brasilië op Wembley-stadion begin het.[6] Op 17 November 2024 het hy sy eerste doel vir die senior nasionale span aangeteken in 'n oorwinning van 5–0 oor die Republiek van Ierland.[7]
Hy was deel van die Engelse span by die 2026 FIFA Wêreldbekertoernooi, waar hy die openingsdoel in die halfeindstryd teen Argentinië aangeteken het – 'n wedstryd wat Argentinië uiteindelik met 2–1 gewen het.[8]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ UEFA.com. "Anthony Gordon". UEFA. Besoek op 15 November 2024.
- ↑ "Anthony Gordon: Overview". Premier League. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2023. Besoek op 23 Maart 2024.
- ↑ "Anthony Gordon becomes an FC Barcelona player". FC Barcelona. 29 Mei 2026. Besoek op 29 Mei 2026.
- ↑ "Anthony Gordon signs for Barcelona | NUFC" (in Engels). Newcastle United F.C. Besoek op 30 Mei 2026.
- ↑ Ornstein, David; Ballús, Pol (29 Mei 2026). "Barcelona agree €80m deal with Newcastle for Anthony Gordon". The Athletic. Besoek op 29 Mei 2026.
- ↑ McNulty, Phil (23 Maart 2024). "England 0–1 Brazil". BBC Sport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2024. Besoek op 23 Maart 2024.
- ↑ McNulty, Phil (17 November 2024). "England 5–0 Republic of Ireland: Hosts score five in second half to earn Nations League promotion". BBC Sport. Besoek op 17 November 2024.
- ↑ "World Cup 2026: England 1-2 Argentina - Three Lions suffer semi-final loss after stunning late turnaround by holders". Sky Sports (in Engels). 15 Julie 2026. Besoek op 15 Julie 2026.